
Waardevolle vrugte en groente wat met sorg verbou is verdien netjiese, aantreklike en veilige verpakking in Sakpro se sakkies. Die boer, vervoer, verkoopspunt en verbruiker … almal wen met produkte soos sitrus, uie, kool, pampoen, avokado’s, skorsies en botterskorsies wat in Sakpro-sakkies verpak, vervoer en verkoop word. ՚n Belangrike voordeel is dat Sakpro se sakkies lug deurlaat om die inhoud langer vars te hou.
Sakpro is sedert 1964 Suidelike Afrika se leiervervaardiger en verskaffer
van gebreide vrugte- en groenteverpakkingsakkies van HDPE (hoëdigtheid
poli-etileen). Hulle is deel van die gerespekteerde maatskappy, Multiknit.
Al Sakpro se sakkies is van die hoogste gehalte om die boer en sy produkte waardig te wees. Sakpro kan ook die boer se besonderhede op die sakkie plaas.
Wat grootte, vorm en kleur betref, kan Sakpro die sakkie presies volgens die boer se voorskrifte vervaardig. Hulle spesialisspan verstaan immers hoe verpakking kan bydra tot winsgewendheid en hoe dit die verbruiker kan beïnvloed om die produk te koop.
Die sakkies se hoë gehalte en sterkte maak dit veelsydig en geskik vir ander aanwendings. Siviele ingenieurs gebruik dit selfs as sandsakke om gronderosie te voorkom.
Om uit te vind hoe jy jou produkte in Sakpro-verpakking kan vertroetel, kontak sales@sakpro.co.za, clientliaison@multiknit.com, 013-751-2376 of besoek https://www.sakpro.co.za.
Copyright © Multiknit 2024, All Rights Reserved.
Multiknit Terms & Conditions
Copyright © Multiknit 2024, All Rights Reserved.
Multiknit Terms & Conditions